Eventa

South Africa's Latest Events

Aubade May 2021 – Aardklop Aubade The Wits trio plays Mendelssohn and Piazzolla

02-May-2021 at 11:00 UTC - 03-May-2021 at 00:00 UTC ()
Afrikaanse Hoër Seunskool
Afrikaanse Hoër Seunskool, 1 Lynnwood Rd, Elandspoort 357-Jr, Pretoria, 0002,Gauteng
R100 - R200(Prices may vary depending on the type of tickets)
Buy Tickets

Aardklop Aubade in samewerking met Afrikaanse Hoër Seunskool en RSG bied aan:

The Witstrio plays Mendelssohn and Piazzolla

Die gewilde Wits Trio voer Astor Piazzolla se opwindende Vier Seisoene op, ter herdenking van Piazzolla se 100ste jaar. Soos talle ander komponiste, is Piazzolla deur Vivaldi se Vier Seisoene geinspireer. Piazzollo is in Argentinië gebore, maar het in New York grootgeword. Hy word erken as die vader van nuevo tango, en in sy Vier Seisoene van Buenos Aires, word sy liefde vir 18de eeuse musiek met moderne jazz-elemente vervleg.

Die program sluit ook Mendelssohn se Trio in C mineur in. Hierdie werk het Mendelssohn opgedra aan die violis Louis Spohr. Die komponis het n interessante en gekomplisieerde godsdiensagtergrond gehad, wat weerspieël word in sy werk. Hy was gebore in n vooraanstaande Joodse familie, maar sy pa het aangedring dat die gesin tot die Christelike geloof bekeer. Die finale beweging van Opus 66 se begin herinner aan Joodse volksmusiek, net om onverwags later n Lutheraanse gesang in te sluit. Hierdie jukstaposisie van musikale idees lei dan na die ekstatiese finale cadenza!

Meer oor die Wits Trio:

Zanta Hofmeyr gradueer aan die Juilliard School of Music in New York, en debuteer in Carnegie Hall. Sy was voorheen Mede-professor in viool aan die Universiteit van Pretoria, en is tans n lektor by Wits Universiteit.

Malcolm Nay is een van Suid-Afrika se mees gevierde kamermusiek pianiste. Nadat hy sy B-Mus aan Wits Universiteit behaal, studeer hy in Amerika onder Bela Siki. Die veelbekroonde Nay is tans Mede-professor by Wits se musiekskool.

Susan Mouton gradueer aan die Universiteit van Pretoria. In 1987 word sy as hoofviolis van die Nasionale Simfonie Orkes aangestel. Sy studeer later verder in Europa. Sedert 2000 is sy die hooftjellis van die Johannserburgse Filharmoniese Orkes.

Daar is soos altyd ook n 10-minuutlange voorkonsert deur een van Affies se talentvolle musiekleerlinge. Die graad 12 leerling, Julian Engelbrecht (klavier) sal n Beethoven-komposisie uitvoer.

As bonus kan konsertgangers voor of na die uitvoering heerlike etes en n verskeidenheid versnaperinge onder die koeltebome van die restaurant op die skoolterrein geniet. Kom geniet die dag saam met ons!

Witstrio plays Mendelssohn and Piazzolla

Met: Zanta Hofmeyr (viool), Malcolm Nay (klavier) and Susan Mouton (tjello)

Venue: Afrikaanse Hoër Seunskool

Datum: 2 Mei 2021

Tyd: 11:00

Kaartjies: R200, R180 (pensioenarisse), R100 (leerders)

Tydsduur: 75 minute

Kaartjies beskikbaar by Ticketpro: http://bit.ly/2QwHEe1

Navrae: 087 527 0023 of navrae@aardklop.co.za.

Alle nodige veiligheid- en sanitêre protokol sal gevolg word.

VEILIGHEID EN PROTOKOL
– Sitplekke word 1.5m beskikbaar gestel volgens veiligheidsmaatreëls.
– Net 100 sitplekke beskikbaar
– MASKERS IS VERPLIGTEND.
– Temperatuur word geneem.
– Inteken vorm moet voltooi word.
– Maak seker jy is betyds om in te teken (voorportaal maak 30 minute voor die vertoning oop)
– Ontsmetmiddel / handreiniger is in die voorportaal beskikbaar.
– Kunstenaars sal nie na die vertoning fotos kan neem of handelsware teken nie

Aubade May 2021 – Aardklop Aubade The Wits trio plays Mendelssohn and Piazzolla

%d bloggers like this: