Brendon Pyper

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet)
Loading...

13-Sep-2019 at 13:00 UTC - 13-Sep-2019 at 23:30 UTC (Event Expired)
Snowflake Potchefstroom
Snowflake Potchefstroom,North West
R100 (Prices may vary depending on the type of tickets)
0828501200
Visit Promoter's Website
Snowflake Potchefstroom On 14th August 2019 Under: Others

Kuier na Brendon met Rooksein.

R100 pp

Kaartjies te koop by Broken Pot 018 294 8700 of 072 360 1712

Kosstalletjies en kontantkroeg

Sedert Brendan Peyper se verskyning op die Suid-Afrikaanse

musiektoneel drie jaar gelede, stoom sy loopbaan met mening, en

tonne sukses, voort. Met sy eksplosiewe nuwe album ““Dis nie

sonde nie”, gooi hy selfs nóg kole by ‘n reeds witwarm vuur!

Die onmiskenbare Brendan-vonk vloei sterk in die album se are, met

polsende ritmes, liriek, melodie en harmonie wat jou in amper anthemstyl aanspoor om die lewe en liefde meer voluit aan te gryp en werklik te lééf.

Die dertien snitte wat dit omvou draelkeen hul gevoelens op die mou en borrel oor met aansteeklike energie, vryheid en perkeloosheid – die tipe ding wat jou sal optel in watter bui jy ookal is; jou opnuut sal laat besef dat dit als behalwe taboe is om een honderd persent jouself te wees en die mense en dinge wat jou hart gelukkig maak na te jaag.

Hoë tempo snitte soos die titelsnit, “Maak die perde los”, “Jy laat dit maklik lyk”, “Klim jou Everest”, “Vir nou” en “Reg soos ‘n roer” word goed afgewissel met effens rustiger liedjies soos “Mooi” en “Vat aan my”, die Carpe Diem-snit, “Die lewe’s te kort”, en die tong-in-diekies

“Af die plaas af”, met die oorgrote meerderheid van snitte wat goed oorgehaal is om ‘n dansvloer behoorlik blink te vryf!

Twee topklas Engelse bederwe is ook by hierdie album ingesluit: Brendan se indrukwekkende weergawe van John Parr se “St. Elmo’s Fire (Man in motion)” en ‘n ietsie uit die vurige vyftigerjare, met sy “Buddy Holly Medley”, wat enige iemand met ‘n hartklop, bínne ‘n hartklop, hulle dansskoene sal laat afstof vir treffers soos “Oh boy”, “That’ll be the day”, “It’s so easy to fall in love”, “Maybe baby” en “Johnny B Goode”.

“Dis nie sonde nie” is ‘n album met soveel skop en lekkerkry dat jy die titel móéilik sal glo – een wat moontlik ‘n luidspreker of tien gaan sien sneuwel, maar vir al die regte redes!

Die album is nou landswyd beskikbaar. Virr enige navrae, kontak:

Tania Fourie

SELECT-MUSIEK –

SONY MUSIC SE AFRIKAANSE AFDELING

tania@select.co.za

(011) 274- 5

Kuier na Brendon met Rooksein. R100 pp Kaartjies te koop by Broken Pot 018 294 8700 of 072 360 1712 Kosstalletjies en kontantkroeg Sedert Brendan Peyper se verskyning op die Suid-Afrikaanse musiektoneel drie jaar gelede, stoom sy loopbaan met mening, en tonne sukses, voort. Met sy eksplosiewe nuwe album ““Dis nie sonde nie”, gooi hy […]


Comment on this Event

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.