Jul05

Vlakvarkfees ’19

Aquizi Lodge,Gauteng
1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (8 rating, 3 votes)
Loading...


05-Jul-2019 at 16:00 UTC - 05-Jul-2019 at 16:00 UTC (Event Expired)
Aquizi Lodge
Aquizi Lodge,Pretoria,Gauteng
R50 (Prices may vary depending on the type of tickets)
0662013378
Visit Promoter's Website
Aquizi Lodge On 13th May 2019 Under: Others

Kaartjies vir die Vlakvarkfees is nou oop!

5-7 JULIE 2019 – Aquizi Lodge.

Kaartjies is R50 per persoon – kinders onder 12 is gratis!! Aanlyn beskikbaar by:

https://itickets.co.za/events/422350

Verskeie kunstenaars, kindervermaak, stalletjies, Potjie Kompetisie, Model Kompetisie, biertent en meer!

Bespreek vroegtydig!!!. Kaartjies Beskikbaar by iTickets vanaf 1 April 2019.

Venue: Aquizi Lodge

Dates: 05/07/2019 to 07/07/2019

Times: 8am till 22:00

Telephone: +27 66 201 3378

Mobile No.: +27 72 947 6340

Email: vlakvarkfees@aquizilodge.co.za

Aquizi Lodge Koordinate -25.551932, 28.524281.

Genot vir die hele familie!!

Jy mag dit nie misloop nie! Hou hierdie spasie dop vir al die nuus!

3de Vlakvarkfees

Aquizi lodge, 10 km vanaf Cullinan, lê in die hartjie van die Bosveld naby al Gauteng se groot stede met die baie liggies. Feesgangers kan hierdie jaar weer hulle veldskoene aantrek wanneer ons die derde Vlakvarkfees gaan aanbied.

Sedert die 1ste Vlakvarkfees in 2017, het talle opwindende nuwighede deel van die fees gevorm.

Vlakvarkfees Drie:

Drie verhoë;

Drie keer meer vermaak; Drie keer en nog meer stalletjies; en

Drie keer meer pret!!!

Ons toegewyde Feeskomitee staan reg om die gaste van die jaar se fees te vermaak met Toneel, Sang, Kuns, Modelkompetisies, die Heerlikste kos en nog vele meer…

Die Vlakvarkfees is ‘n byeenkoms van kleur, geur, kultuur en klank. Nuwe vriendskappe gaan weer gesmee word en dit word al as deel van die fees se ervaring aanvaar .

‘n Splinternuwe toevoeging by die jaar se fees is die Bosatrium waar gaste teater- en toneelstukke van ons mees Bekendes in die land kan gaan besigtig.

Sanger Jaycee Crause, wat reeds in 2018 as Beoordelaar die Vlakvark potjie kompetisie beoordeel het, gaan die jaar aan die stuur van die kompetisie weer die potte behoorlik laat prut. Watertand lekker potjies met kreatiewe temas is solank ‘n klein voorsmakie waaraan mense solank kan hap tot hul die regte smaak kan proe by die jaar se fees.

Feesgangers kan hap-hap stap-stap deur meer as 100 verskeie stalletjies in die Stap-en-Hap straat loop, waarvan tuisgemaakte produkte en die heerlikste kosse om van te kies en te keur, deel uitmaak. Pannekoek, lekkergoed, tertjies, vars produkte en die allerheerlikste versnaperinge kan oral geniet word.

Almal kan kom en ontspan in ‘n rustige familie vriendelike atmosfeer.

Met veskeie kindervermaak, kan die kinders lag en speel…

Oumas en Mammas kan na die handgemaakteware kyk… Oupas en Pappas kan met koffie en ‘n eetdingetjie in die hand sit en die bedrywighede dophou by ons verskeie verhoë, vol met veskeie kunstenaars.

Ons komitee verseker almal dat jy iets anders by elke stalletjie sal kan raakloop.

Ook, is daar natuurlik ‘n koue lafenissie by die die biertuin om die moeë voete te laat rus.

Die Vlakvarkfees gaan die jaar in samewerking met die Caring Daisies die fees organiseer. Van die feesfondse gaan aangewend word om behoeftiges te voorsien.

Nog ʼn liefdadigheidsinstansie by vanjaar se fees is African Effect wat die Miss African Effect modelkompetisie tydens die fees gaan aanbied. Miss African Effect, hoop om die jaar talle jong modelle te hê. Die modelle sal na die kompetisie die gesigte van Miss African Effect wees wat ʼn verandering in behoeftiges se lewes in Suid Afrika sal bring.

Zanzi, een van die Vlakvarkfees komitee lede, stigter van African Effect en ook een van die lede van die Caring Daisies gaan tydens die fees optree, onder die due groep Zanzi Africa.

Merk solank die datum in jou kalender: 5, 6 & 7 Julie 2019

Kaartjies nou by iTicket beskikbaar.

Kaartjies vir die Vlakvarkfees is nou oop! 5-7 JULIE 2019 – Aquizi Lodge. Kaartjies is R50 per persoon – kinders onder 12 is gratis!! Aanlyn beskikbaar by: https://itickets.co.za/events/422350 Verskeie kunstenaars, kindervermaak, stalletjies, Potjie Kompetisie, Model Kompetisie, biertent en meer! Bespreek vroegtydig!!!. Kaartjies Beskikbaar by iTickets vanaf 1 April 2019. Venue: Aquizi Lodge Dates: 05/07/2019 to […]


Comment on this Event

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.