Rocco Speel Jim Muller, Hansie Roodt & Nico Carstens

04-Sep-2022 at 15:00 UTC - 04-Sep-2022 at 21:00 UTC (112 day(s) left)
Drostdy Theatre
Drostdy Theatre, Cnr Alexander St &, Bird St, Stellenbosch, 7599,,Western Cape
R260 (Prices may vary depending on the type of tickets)
Buy Tickets

(Afrikaans Onstage)

Boeremusiek op die klavier – Die pianis Rocco de Villiers en sy orkes met Hano Smit op kitare en Morne Toua op bas, konsertina en akkordion toor met die gewilde keurspele van Jim Muller. Immergroen treffers van Nico Carstens, soos “Die Klokkiewals” en “Zambesi”, “Warm Snare” van wyle Hansie Roodt Snr, Hendrik Susan, Ollie Viljoen en Taffie Kikillus, word ook afgestof, blink gepoets en kry ‘n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu. Hierdie moenie-mis-konsert is ‘n huldeblyk, ‘n reis van nostalgie en ‘n kykie in die toekoms sonder om die verlede te vergeet. Voeg daarby ‘n uitgevatte orkes, Rocco se sin vir humor en die voete begin te jeuk.

Die cd van die musiek in die konsert beskikbaar by die deur.
Asook ROCCOROCCO sokkies, musiekboeke en speelgoedklaviere.